Monday, August 31, 2009

Twee jaar

Vier en twintig maande
smag ek na jou

smag ek om jou te ontmoet
smag ek om deel te wees van jou

vir ‘n kort tyd is ek beskore
om jou te vind

vir ‘n kort tyd mag ek my
musiek in my hart met jou deel

vir ‘n kort tyd is jy my bestaan
handjies hou is my genot

ek is weer jonk
my hart bons as ek jou sien

vir ‘n kort tyd in ‘n leeftyd
is jy deel van my

oor jou voel ek soos
ek nog nooit oor iemand gevoel het

hoe kan ek dit vir jou se
dat jy my kan verstaan

dat jy kan verstaan in
die najaar van my lewe

het ek jou gevind
het jy
in my hart ingekruip

jy moet verstaan
jy is my asemteug

jy moet verstaan
jy is my hartklop van sielsgenoot

jy moet verstaan dat ek
nie sonder jou kan wees nie

jy moet verstaan dat ek ‘n troetel
naampie vir jou het

jy moet verstaan dat ek trane stort
oor dit wat is en kan wees

jy moet weet dat ek oneindig lief is vir jou

No comments:

Post a Comment