Tuesday, August 11, 2009

Die kerk 2

Die kerk dreun
van die laaste psalms
die klanke
spoel oor my

Die kollektebord skuifel sy paadjie
vir kleingeld en hier en daar ‘n noot

teedrink is die aksie
wat nou moet gebeur
die diens was teugsaam maar
ek moet gaan geniet wat die susters bied

eenkant staan ek by die stomp
kinders skaterlag en hol om my heen

uitgesluit staan ek met my koffie
en betrag
oompie kom en knoop
‘n geselsie aan vingers swart van die pyp

luister doen ek
maar my oe dwaal na jou toe
jy is besig met familie
ek wonder of jou man
in die konsistorie is

min weet ek dat jou
bewussyn van my
kloppend is in jou keel

jou menswees sal my vat
as jy maar kon weet
hoe om die brug oor te steek

mymerend droom ek
maar ek kyk weg
want ek is haar nie werd

sy vang my oog
ek beweeg maar moed is laag
vlug weg want sy is so mooi

die tee is klaar
en die koppies word koud
my pad loop eensaam
maar ek verstaan

No comments:

Post a Comment