Bosveldhuisie
My bosveldhuisie is
my skuilkrans onder
rotswand
na ‘n dag van aksie
in die bosveld
in my bosveldhuisie
kan ek le op my
tokkelosh bed
gepak op bakstene
om my te beskerm
teen die geeste wat my jaag
warm onder my karros
my vrug van jag
van bok se keel gesny
vir my pot
in my bosveldhuis
kyk ek na my
waaier wat swiepend
rond draai
my vermaak
nag vir nag
as mot se kind versteur word
deur die wind
steierend na die kers wat
hom aantrek tot sy lot
my diervel koester my voet
seer van die dag
my oes is buite my deur
wag om ryp te word
wat ek kort in my bosveldhuis
is iemand
iemand wat my red
van aardse lot
My bosveldhuisie is
my skuilkrans onder
rotswand
na ‘n dag van aksie
in die bosveld
in my bosveldhuisie
kan ek le op my
tokkelosh bed
gepak op bakstene
om my te beskerm
teen die geeste wat my jaag
warm onder my karros
my vrug van jag
van bok se keel gesny
vir my pot
in my bosveldhuis
kyk ek na my
waaier wat swiepend
rond draai
my vermaak
nag vir nag
as mot se kind versteur word
deur die wind
steierend na die kers wat
hom aantrek tot sy lot
my diervel koester my voet
seer van die dag
my oes is buite my deur
wag om ryp te word
wat ek kort in my bosveldhuis
is iemand
iemand wat my red
van aardse lot
No comments:
Post a Comment