In die kou
groen is my kleur
groen is my kou
gedoem is ek
in my groen vergulde kou
getrou is ek in my kou
ek vrees niks want
dis veilig
in my kou
meteens sien ek
die kou is oop
ek bewe van die vrees
want se nou…….
want se nou……………
asemophouend
staar ek na die deur
waarom het ek nog
nooit gesien die deur is oop
kan ek waag
kan ek probeer
wat sal met my gebeur
tree en stamp
en ek is vry
gesmag na vryheid
en nou is dit my deel
meteens is dit vir my duidelik
ek kan
weer in my kou
die vrees taan
ek toets vryheid
‘n nuwe lewe breek oop
sodra ek vrees
vlug ek terug in my kou
veilig en vreesloos
staar ek deur die tralies
na die lewe wat ek begeer
groen is my kleur
groen is my kou
gedoem is ek
in my groen vergulde kou
getrou is ek in my kou
ek vrees niks want
dis veilig
in my kou
meteens sien ek
die kou is oop
ek bewe van die vrees
want se nou…….
want se nou……………
asemophouend
staar ek na die deur
waarom het ek nog
nooit gesien die deur is oop
kan ek waag
kan ek probeer
wat sal met my gebeur
tree en stamp
en ek is vry
gesmag na vryheid
en nou is dit my deel
meteens is dit vir my duidelik
ek kan
weer in my kou
die vrees taan
ek toets vryheid
‘n nuwe lewe breek oop
sodra ek vrees
vlug ek terug in my kou
veilig en vreesloos
staar ek deur die tralies
na die lewe wat ek begeer
No comments:
Post a Comment