Thursday, August 13, 2009

Sonder liefde - Met Liefde

Sonder liefde
het ek geen risiko

Sonder liede is daar
geen wroeging nie

sonder liefde
kan ek rustig lewe

sonder liefde is ek
stadig besig om
eensaam te word

sonder liefde
is almal tevree
met my

sonder liefde is
daar geen problem

sonder liefde
is daar geen angs

met liefde is daar
emosies wat my skeur

met liefde is daar
moeilikheid

met liefde is
daar onsekerheid

met liefde
word ek voorgese

met liefde
is ek een tyd op ‘n hoog
een tyd op ‘n laag

wat kies jy is die vraag

en ek het net een antwoord

ek kies liefde elke keer


No comments:

Post a Comment