Monday, August 3, 2009

Stoep sit


Wie gaan saam met my
op die stoep sit

in die najaar
van my lewe

wie gaan saam met my
op die stoep sit

en my gedagtes deel

wie gaan saam met my
op die stoep sit

en my sjerrie deel

wie gaan saam met my
op die stoep sit

en my bed met my deel

wie gaan saam met my
op my stoep sit

en die laaste strale deel

wie gaan saam met my
op my stoep sit

en my oorvloed liefde deel

wie gaan saam met my
op my stoep sit

en my kerkbank deel

wie gaan saam met my
op my stoep sit

en my gesprek met God met my deel

ek gaan




No comments:

Post a Comment