Thursday, August 13, 2009

Captains Chair

Bleekwit en stukkend
Le ek op die ashoop

In outyd was ek
genoem Captains Chair

deur mense
lank vergee

my sitplek is in repe
maar sterk gemaak
is ek nog diensbaar

twintig rand was my prys
vasgestel deur ashoop man

vir hom is ek
nog ‘n dop vanaand

aan my diens aan
amptenaar het hy geen erg

gered van vuurmaak
word ek geskuur

my sitplek word
gepoets en gebruin

gebreekte arm word gebind
geheg om nog diens te doen

nou is ek vertoonstuk
in ‘n bosveldhuise

ek kan nou weer
vietse boude laat rus

olie moet ek nog kry
om my af te rond

vir my plekkie in die huis

intusen werk ek nog
tot finale erfstuk my lot word

ek is ‘n Captains Chair

No comments:

Post a Comment