Dimensies
In die spel van liefde is
daar baie dimensies
die aantrekking van
‘n diamant is eg
dit hou my gevange van ver
en wanneer ek naby tuur
is daar meer vlakke
en dimensies wat ek nie weet
so gaan dit in my liefde vir jou
jy is eg
jou uitreiking hou my
gevange van ver
soos ek naby beweeg sien ek nuwe
vlakke suiwer gepoets
glinsterend en suiwer
van lig wat weerkaats
en ek verloor my in jou siel
wat op elke vlak verskyn
die flonkering van passie
ontbrand in my
as ek jou in my arms neem
en jou vertel
wat doen jy aan my
jy laat my smag na die
suiwer blouwit liefde vir jou
vlakke wil ek ontdek
en koester aan my hand
sonder ophou kyk
sonder ophou staar
vir jou die liefde van my lewe.
In die spel van liefde is
daar baie dimensies
die aantrekking van
‘n diamant is eg
dit hou my gevange van ver
en wanneer ek naby tuur
is daar meer vlakke
en dimensies wat ek nie weet
so gaan dit in my liefde vir jou
jy is eg
jou uitreiking hou my
gevange van ver
soos ek naby beweeg sien ek nuwe
vlakke suiwer gepoets
glinsterend en suiwer
van lig wat weerkaats
en ek verloor my in jou siel
wat op elke vlak verskyn
die flonkering van passie
ontbrand in my
as ek jou in my arms neem
en jou vertel
wat doen jy aan my
jy laat my smag na die
suiwer blouwit liefde vir jou
vlakke wil ek ontdek
en koester aan my hand
sonder ophou kyk
sonder ophou staar
vir jou die liefde van my lewe.
No comments:
Post a Comment