Koorsboom
In laeveld is my plek
plek waar malaria muskiet
hoogty vier
in vleiland maak ek my tuis
waterpoele is naby my
ou mense se
dat hulle siek word
omdat hulle naby my was
min wetend
dat dit malaria muskiet is
wat hulle inspuit met dodelike
kiem
my kleur is geelgroen
seldsaam in die natuur
my blare is min
en ek is nie bokkos te veel
my kleur maak
dat ek plek vind in menige tuin
vir die ornament
van seldsaam lyk
hoogreikend groei ek
om te troon bo bosveldboom
vuur vir die vleis
van mense is ek nie
want hulle is te bang
dat ek koors sal gee
aan hulle vanwee my kleur
No comments:
Post a Comment