Tuesday, August 11, 2009

Die kerk

Die kerk dreun van die psalms
vorsend dawer die klanke
En spoel oor my

Die spasie is vol
die fen waai verwoed
om verligting te gee

in die spasie langs my
is ‘n koeligheid elegansie
ek voel
die gees wat langs my leef

skrikkerig is ek want die mooiste mens
is deel van my bank

ek sing al hoe harder
want my keel is benoud
my mond is droog
en smag na water

want die hande wat ek
so skrams sien is betowerend
en ek droom om dit te kan hou

dit is so onbereikbaar
hoe sal ek dit vind

die predikant gee die volgende bevel
sit ons nou op die banke
en ek hoor die
sis van die klere
wat om haar vou

‘n oomblik se oogkontak
is daar
maar ek kyk weg
want soveel skoonheid
is my nie beskore

sugtend in my siel
maak ek klaar
probeer vir nog oulaas
my visioen bewaar

die diens is klaar

No comments:

Post a Comment