Hardekool
Wanneer my blaardos verstil
staan ek nog vir vyftig jaar
as mens nie kom
om my te verag
na kampvuur as
om sy verwondering
te kan se
kyk die kole is nog goed
na vorige nag se gefuif
om die kampvuur
ek braai net op hardekool
is die spog
my naam moet wees
ysterhout van afrika
want stadig groei ek
in afrika se grond
ek is 'n boom van afrika
wanneer ek gesien word
is daar respek
van inboorling se kant
want ek is een van die grotes
van die land
ek word min
want bosveld kind
verpak my in plastiek
en soos weggooikind
le ek en wag op
die sypaadjie se vlak
wag op vuur
om my te verteer
vir plesier
my as kan nie meer
die grond van afrika verryk
na vyftig jaar
my lotsbestemming
is verbreek om die veld
sterk te maak vir nuwe plant
my hout is sterk
ek verstil die mens se lem
maar dit is nie genoeg
want die mens is baie
en ek kan nie vlug
van vure wat dwing
om my te brand nie
help my is my noodkreet
maak tog seker
dat ek kan oorleef
in afrika
No comments:
Post a Comment