Tuesday, August 11, 2009

In die winkel

Hallo diederick
Se die stem
Verbysterd staar ek net

Mompelend strompel ek
Starend na rakke
Maar siende niks

Vervaard draai ek om
Vervaard staar ek na die plek
Waar jy was

in die winkel
soek ek na jou
want ek weet jy was nou net daar

gang vir gang
patroleer ek
die till is leeg

wie is sy
waar is sy
hoe kan ek haar kry

kan ek jou help meneer
slaan die vraag
se vir my waar kan ek haar kry

wie soek jy meneer

stamelend se ek
soek na die mooi vrou
sy was hier en nou sien ek nie meer

jammer meneer ek sien nie so ‘n persoon nie
kom maar weer

elke dag soek ek maar
tevergeefs
sy is weg

‘n verbeeldingsvlug
dink ek

elke dag om vyf soek ek
tevergeefs

No comments:

Post a Comment