Tuesday, August 11, 2009

ruimte

my kindwees kom na vore
in die ruimte is die
sputnik wat stil op sy baan styg

die ruimte daar is oorweldigend
die ruimte hier is benouend

my opdrag is duidelik
gaan en vind jou ruimte
want ek wil jou he

jy moet weet
dat jy vir my beskore is
dat ek my hande
op jou le

dat ek my lippe aan jou bied
my harstog vir jou gaan gee

maak eers seker dat jy die ruimte
het
maak seker dat jy
nie die soutpilaar gaan wees nie

die tyd is kort en ons moet gaan
op die pad van blydskap,
nie verstaan nie
hartseer en verdriet

jy gaan my volle vrouwees
ervaar
die paradys van my sinne voel

jou pad van verlede
moet jy weet
dit is verby
want net die toekoms bly oor

duidelikheid le in my gemoed
ruimte is ek gegee
omdat die tyd verby is vir die
outyd se lewe

en die tyd van die nuwe aangebreek het
ek is nou joune wat ek het ruimte

No comments:

Post a Comment