Monday, August 31, 2009

Elegant is jy

Jy nader my met jou elegante voorkoms

my hart bons want ek weet nie hoe is dit

om met jou te praat


Jy is iemand besonders

wat verras met wat jy is


Ek verstaan dat jy sielsgenoot kan wees

In die wereld van smart en gebrokenheid

want jy het deur die dieptes gegaan en die berge bestyg


Die pad van more is nie duidelik

maar as dit kan sal dit wees


Die geroep van die visarend is my beloning

al is dit net ‘n moment in my lewe

‘n moment van aandskemering en belofte van more


jy weet dit nie

maar jou hande is sterk en mooi

fassinerend vir my

as deel van jou tydlose elegansie


vrede is daar vir my want ek het jou leer ken

jy sal deel wees in die tydjie beskore

No comments:

Post a Comment