Tuesday, August 11, 2009

Die swart smart

Die vuurvegters dreun
Rook staan by die skoorsteen uit
Dieseldampe meng met vlam se kind

Skreeuend uit dorstig keel word
Vlamme geblus
Die as bly oor en ook
‘n sware sug

die veld is swart
en ek stap weg
van verwoeste
land

ek het verloor

my eensaam siel is soos
die verskroeide aarde
kan dit wees
dat alles net so is?

Verset teen my lot beur ek aan
Werk is my sieletroos
Sonder vreugde pak ek aan
Die dag van elke dag

My voet lei my op die swartte pad
Ek skop verwoed na die naaste pol
My oog vang
‘n groenigheid
die vingers beur die swart weg

skielik weet ek
jy is my groenigheid
in die dorre as verbrande
veld

jy ontknoop die lente in my
jy benat my
jy skep die groeningheid vir my

die wete kom le diep in my
dat jou pad is my vreugde
oomblik


No comments:

Post a Comment