Laat Liefde
Laat liefde
is my beskore
die opwinding van die
jeug word weer my deel
die handjies hou
die dink aan jou
laat liefde
is soos moredou
blinkend in
die oggendson
die eerste kus
die rimpeling daarvan
laat liefde
is soos nuwe lewe
lewe wat in my bruis
lewe wat my deurborrel
laat liefde is
nie almal beskore
die gelukkige paar
kan dit ervaar
laat liefde is
ook smeulend in gevaar
nie almal wil dit
gryp en troetel nie
nie almal dink
dit is jou beskore nie
maar ek weet
dat my laat liefde
my enigste liefde
is
niks maak meer saak as dit
Laat liefde
is my beskore
die opwinding van die
jeug word weer my deel
die handjies hou
die dink aan jou
laat liefde
is soos moredou
blinkend in
die oggendson
die eerste kus
die rimpeling daarvan
laat liefde
is soos nuwe lewe
lewe wat in my bruis
lewe wat my deurborrel
laat liefde is
nie almal beskore
die gelukkige paar
kan dit ervaar
laat liefde is
ook smeulend in gevaar
nie almal wil dit
gryp en troetel nie
nie almal dink
dit is jou beskore nie
maar ek weet
dat my laat liefde
my enigste liefde
is
niks maak meer saak as dit
No comments:
Post a Comment