Drolpeer
My naam is nie
meer polities korrek nie
die poeiertannies bloos
aan die gedagte van so ‘n reukie
maar as ek blom weet die
bosveldbewoners
dit is lente
somer kom netnou
ek is die blomperske
van die bosveld
my wit blomme vertel
die goeie nuus
van lente en somer
van nuwe vreugde
van tye wat verander
van liefde wat kom
ek is eerste
en almal weet van my
my naam is nou
wilde peer
meer aanvaarbaar
in hoge geleerde kringe
maar vir die bosveldloper
bly ek drolpeer
reen het ek nie nodig
om my oeraksie te laat werk nie
teen my bruinwordtyd
is dit al somer
en ek is dan
dombeya rotandifolia
my uitgestorwe naam
My naam is nie
meer polities korrek nie
die poeiertannies bloos
aan die gedagte van so ‘n reukie
maar as ek blom weet die
bosveldbewoners
dit is lente
somer kom netnou
ek is die blomperske
van die bosveld
my wit blomme vertel
die goeie nuus
van lente en somer
van nuwe vreugde
van tye wat verander
van liefde wat kom
ek is eerste
en almal weet van my
my naam is nou
wilde peer
meer aanvaarbaar
in hoge geleerde kringe
maar vir die bosveldloper
bly ek drolpeer
reen het ek nie nodig
om my oeraksie te laat werk nie
teen my bruinwordtyd
is dit al somer
en ek is dan
dombeya rotandifolia
my uitgestorwe naam
No comments:
Post a Comment