Saturday, August 1, 2009

Jy knak my knie

Jy knak my knie
Wanneer ek jou sien
knak my knie
ek is sonder
wilskrag om nee te se
want ek word swak
my bors word warm
my hart galop
ek kyk net vir jou
en ek word swak
Waarom is dit so
is dit net omdat ek jou
oneindig liefhet?
my rede verlaat my
ek wil net in jou arms wees
jou soene op my voel reen
jou lippe my betas
totdat my wilskrag
ingee
ek het jou lief
ek wil jou gelukkig maak
die tyd is min
vir my knie om te knak
jare spoel soos
minute uit
my keuse moet ek maak
gaan ek jou vat soos jy is?
gaan ek jou wegwys?
ek weet nie
want jy is by my
en ek kan nie dink nie
Jy sal moet besluit vir my
dink ek
want as ek jou geur adem
knak my knie
twee jaar tob ek al
wroeg ek met my waardes
want jou wil ek kry
jy is myne
skree ek uit
jou gaan ek vat
net soos jy is
want as ek jou sien
knak my knie vir altyd

No comments:

Post a Comment