Elke aand het sy eie skildery
wanneer die son
sy afwaarts pad vind
die wonder van natuur
word 'n skildery van kleur
uniek gevorm
met rooi geverf
teen wolke of
stamme van bome
uitroepe van my
kyk hoe mooi
rooi getint sak
die son oor
Afrika heen
my hart sug en ek
dink oor al die paaie wat
ek geloop het
paaie oor Caprivi
Zambezi vallei
Kalahari se sand
Karoo se vlaktes
en vele meer
my tyd raak min
vir Afrika se skilderye
wat elke aand
vir my geverf word
No comments:
Post a Comment