Die laaste gedig
Strome ruk uit my
Skorrend breek
die klank uit my keel
dof deur watergordyn
sien my
oe die klawers van my klavier
my mond is droog
water kan dit nie stil
uit die malse oerwoud van palms
is die son skroeiend
verwelkend
vernietigend
versmeltend
my sielsbeendere
le wit gebleik
in die sand
skroeiend in die son
geen hoop is daar nie meer
dat dit bymekaar kan kom nie
my hart verstil vir die laaste keer
liefde kan nie meer
voortbeur uit my siel
want my laaste gedig word stil
woorde kan dit nie meer se nie
die klanke het verstil
die laaste ete was daar
die laaste kus se proe verdof
die blomme verwelk
my laaste gedig is daar
onwrikbaar sny die mes
elke gedig
tot in fladderend papier
Strome ruk uit my
Skorrend breek
die klank uit my keel
dof deur watergordyn
sien my
oe die klawers van my klavier
my mond is droog
water kan dit nie stil
uit die malse oerwoud van palms
is die son skroeiend
verwelkend
vernietigend
versmeltend
my sielsbeendere
le wit gebleik
in die sand
skroeiend in die son
geen hoop is daar nie meer
dat dit bymekaar kan kom nie
my hart verstil vir die laaste keer
liefde kan nie meer
voortbeur uit my siel
want my laaste gedig word stil
woorde kan dit nie meer se nie
die klanke het verstil
die laaste ete was daar
die laaste kus se proe verdof
die blomme verwelk
my laaste gedig is daar
onwrikbaar sny die mes
elke gedig
tot in fladderend papier
No comments:
Post a Comment