Boabab
Boabab is my vreemde naam
my vreemde voorkoms is ook
'n voorspel van die verwondering
van die mens
ek word die boom
wat onderstebo groei
genoem
my naglewe is
een van blom
en vrinne wat kom kuier
om my te help
om meer te word
ek is nie net van afrika
maar stoot my takke trots
oor ander plekke heen
my dood is een van
vesels wat rondle
en my hout is van geen nut
vir mens en sy vuur
inboorling huil as ek
dood is want my velle
is gestrooi
oor die grond van afrika
produktief is my
duisend jaar lewe
help ek mens en dier
wat my respekteer
my woudlewe is ver
uitmekaar maar tog troon
ek uit en kan ver sien oor
afrika se vlak
min merk van olifant is op
my te sien
want my groot vriend
kan my nie meer besoek
die oerpaaie is toegemaak
deur mens
my saad le en wag
ek kan nie
weergroei nie
my angs is
dat ek nie meer sal
heers oor afrika se grond
want my pad is verander
deur mensekind
hul kan my nie brand
hulle kan my nie
vertafel en verstoel nie
maar hulle kan my vernietig
in my voortplantingsdrang
respek is nodig
om my te laat lewe
dat ek nog kan dien
soos voorheen
in afrika