Friday, May 30, 2014

Bossiekop

Wie is bossiekop?
die vraag steier teen my vas
soos ‘n golf van die see
teen die rotskus vas
wie is bossiekop?

die vraag steier teen my vas
soos die water oor my stuif
van golwe gespat oor my lyf
wie is bossiekop?

sy is die een wat my bekoor
wurg ek die antwoord uit
die trane stort soos ek
dit stamel
by eetplek lank gelee

sy is die een met sneeuwit hare
met vonkel in die oog
wat guitig kan lag
wat se mond soos wynkus proe

sy is die een wat my sterre, son en maan laat sien
wat my laat verstil
as ek haar sien of dink
sy is die enigste

bossiekop vir my

No comments:

Post a Comment