Monday, May 12, 2014

Soeke na Liefde

Soeke na liefde
In my lewe soek ek na liefde
Na liefde wat ek vroeg van leer
Romeo en Juliet se liefde
Die ewigdurende liefde
Allesverterende liefde

Soekend in die arms van ‘n vrou
‘n mens soos ek
Vol verwagting prewel ek
Ek is lief vir jou
Vol verwagting prewel sy
Ek is lief vir jou

Die wereld sing daarvan
Die wereld vertel daarvan
Blaker dit uit tot vervelens toe
Wat is dit? Vra ek my

Dit is om by jou te wees
Kreun dit uit vanaf my binneste
Ek ontboesem by jou
Wonder of jy verstaan
Waar jy dartelend na die volgende gaan

Waar is die einde vanh die reenboog van die liefde
Le dit by jou
Le dit by my
Of is dit dalk waar ek gaan wees in korte jare



No comments:

Post a Comment