My sieraad vrou
met die aanskou van jou
weet ek jy is my sieraadvrou
jou oggendopwek sien ek
hoe pragtig is jy vir my
prgatig in lyf en daad
voel ek jou na ‘n nag van warmte
gekoester in my arms wat om jou vou
jy is my sieraadvrou
met jou bossiekop
bekoor jy my
wit le die sneeu maar dit is nie kou
dit is ervaring wat jy met my deel
in jou gewaad vir die dag
sien ek hoe jy jou tooi
lippe rooi en wange geblos
om te wees ‘n sieraadvrou
liefde stralend vir almal om jou heen
geselsend - ontdekkend
bekorend met elkeen wat wil deel
is jy ook
n’ sieraad vrou vir elkeen wat dit sien.
aan die einde van die dag
kom jy terug na my en ek kan
sien jy is nog steeds my sieraadvrou
No comments:
Post a Comment