Tuesday, June 3, 2014

Bekkie

Bekkie
praatbekkie
wynbekkie
soenbekkie
sigaretbekkie
koffiebekkie
liefdesbekkie

jy is dit alles vir my
ek waardeer jou
as jy dalk nie weet
jou bekkie is my
bekoring

grimeerbekkie
lagbekkie
stuitigbekkie
grapbekkie
huilbekkie
tjankbekkie
jy is alles in een met jou
gladdebekkie vir my
jy breek my dag oop met
bekkie
sonder jou bekkie wil ek nie wees
want dan sal dit te stil wees
en waar sal ek nog so een bekkie kry
wat my bekoor

vir altyd oor en oor

No comments:

Post a Comment