Saturday, May 17, 2014

Die vraag

Die Vraag
guitig vra sy voor ek weet
het jy my bietjie gemis?
bonsend atwoord ek te laat
Ja ek het jou gemis?

my antwoord is wyer as dit
jou menswees het ek gemis
jou helder lag het my verbygegaan
jou lyfie was weg vir my
jou bekoring was my nie beskore nie
jy was vir my verlore

die volgende vraag was ek ook te laat
is jy nog ‘n bietjie lief vir my?
my antwoord le wyer as dit
my uitspansel het verdof
my sonnetjie het gesak
my bad het leeggeloop
my hart het verstil
my asem is op

Het ek jou gemis vra jy my?
Het ek jou nog lief vra jy my?

my antwoord is nou anders
nooit weer mag jy weg wees
sodat jy nie weer die vraag kan vra

maar ek sal antwoord voor jy vra

No comments:

Post a Comment