Monday, May 12, 2014

Moedersdag 2014

Moedersdag 2014
kordaatstappies hardloop
die knaap dit uit armpies oop roepend
oumie oumie

my trane biggel in my hart
want ek weet my kleinkind het my lief
jy is my hart se punt
ek weet al die seerkry was nie verniet
toe jy gehyg het vir  lug

haartjies krullend oor sy trui
stormend na die sand
mamma harloop vir die vale
om hier te keer en daar te keer

Oumie Oumie is die kreet
as hy die blompot wil omkeer
en met een vorse hou
als om hom platvee

dit maak nie saak nie want jy is
my kleinste wat ek voor die liefste
Is in die hele wereld

my selfoon knak onder al die fotos
faceboek is stom
my kinders dankie vir my blomme wat meer werd is
as al die goud want julle het nie net blomme gegee nie
maar ook my liefste kleinkind

Van:didi

No comments:

Post a Comment