Monday, May 12, 2014

Ek is jou hond

Ek is jou hond
Met my kop le ek op my pote
In die stof van die aarde
Luisterend vir die geklank
Van jou kar op pad na my

Daar hoor ek dit
Nee dit is nie my geklank
Daar weer
 daar,weer hoor ek die geklank
Ek draf skugter nader
My pels vol stof

My stert swaaiend
Maar dit is my nie beskore
Om my blydskap te gee nie
Die pakkies moet gedra word
Maar ek kan nie
Want ek is net ‘n hond

Tyd vir kos
Dawerend val die blokkies
My stert swaaind, my pels vol stof
Die rug is gou gekeer
My stert verstil
Want ek weet
Ek is jou hond
van liefde aanmekaar gesit


No comments:

Post a Comment