Nag van my Bestaan
Woedend slaan die
klanke van
donker musiek oor my
dit spoel oor my
gemoed
en ek sink weg in die
dieptes van my
bestaan
My lyf le op die
vloer
en ek voel hoe ek
sink in die dieptes
van die nag van my
bestaan
wat het ek verkeerd gedoen?
is die vraag wat refrein
deur my gedagtes
Here hoekom ek?
Waarom straf jy my
Eensaam le my pad
Voor my tot my koppie
knik
Na vele eensaam jare
Push me to the floor is
die martelrympie wat
my kasty
aanhoudend voor my
kop gegooi
daar is iets fout met
my
wat doen ek verkeerd?
selfkasty is wat ek
geniet
smartvraat is vir my
‘n uitkoms
want dan kan ek
blameer
Stuur vir my die
antwoord Heer –
ek pleit daarvoor
No comments:
Post a Comment