Kalagadi nag
Die kalagadi nag is
flonkerend van diamante
wat my pad verlig
wat die stilte in my
ore laat suis
wat my seker maak
van my nietigheid
die melkweg is daar
elke aandlig
sterbesaaid
as ek my arm uitsteek
sal ek dit vat
sal ek dit kan proe
met donder gedreun en
flitse
op die horison van
duine
kry ek die belofte van
reen
op die dorland van my
lewe
met gemsbok wat
skommelend draf
en springbok wat pronk
met jakkalsdraf by
watergat
dwaal my kop na aandlig
prag
wat ek weer gaan sien.
Met vuurlig dansend
sink ek weg
In my swewend
gedagtegang
Van my Kalagadi nag
No comments:
Post a Comment