Die ontmoeting
die mosadi van die
plaas
die mosadi van die dorp
ontmoet by die
beeskraal van Nguni
vir gryse induna van
afrika
die indaba is gereel
om te verseker dat
nuwe lewe sal kom in
dorre
vlakte van elke dag
bestaan
met rondomtalie gesprek
word
verlede ontdek en
toekoms voorpel
met kaarte onbekend
die water vloei soos
fonteine
uit Dorland van gemoed
helend maak dit
sandvlakte
n vlakte van malse
vreugde
die planne word gesmee
die spiese word geslyp
vir woorde en sinne
wat gepraat moet word
die ontmoeting het sy
doel gedien
toe gryse baard
gestreel word
No comments:
Post a Comment