Monday, May 12, 2014

DOEF DOEF

Doef Doef
As ek opkyk in Super Spar
En ek sien jou voor my
Gaan my hart op gallop
Gaan my hart doef doef
En jy kan dit nie hoor

As ek in die kerk instap
En jy is onverwags voor my  
Dan gaan my hart doef doef
En jy weet dit nie eers
Doef doef klop dit in my ore

Jy smokkel met my kop en jy weet dit nie eers nie
Hoe moet ek met myself huis hou
As my hart net se doef doef

In die swembad staar ek na jou
 en ek kan nie ‘n woord uitkry nie
Want ek sien net jou en niemand anders
My asem snak en ek gaap soos ‘n vis
En my hart klop doef doef

Wanneer jy my vriendelik groet met
‘n lag in jou stem
Staan ek verstom want ek dink of ek moet omkyk
Jy sien iemand anders
Dit maak my hart ook doef doef laat klop
Jy is my oomblik voor jy verdwyn

want my geluk kan nie hou nie – niks kan die doef doef stil behalwe jy

No comments:

Post a Comment