Monday, May 12, 2014

JY

Jy
Sag swewend in my
gedagte vind ek jou
swewend op die lugstrome van my gemoed
vul jy my drome
vandag in die prag van die daeraad

jy is my koel kabbelende strome
waar ek rus vind vir my siel
jou vriendelik glimlag
en jou blydskap van weersiens
Is genesend van my seer

Van wees sonder jou in die
donker nagure van verwydering
na jou smag ek vandag ,gister en dit wat kom
om met jou te kwetter
oor  dit wat groei in die helder lig van saamwees

jy is my sieraad vrou
vrou van vele emosie
van vele skakerings van die skemer
wat sak saam met die son se taan

jy is ‘n sagte bries wat oor my spoel
soos die see se stuif
jy is die een vir my bedoel
in ganse tyd gegee wat ek vir kort ruk
kan troetel en drywend droom

in die lugstrome van my gedagte 

No comments:

Post a Comment