A day without
sunshine
“A day without blood is a day without
sunshine”
dawer die PH dit uit
die vrouens om die bomavuur gril
die manne grinnik skaam skaam
die gespierde PH is in sy element
“Tomorrow is Buf day I have seen a
few daggah boys today”
vir almal wat dit wil hoor
die whisky bottel het al gedaal
en een een sluip die jagters weg na
hul kooi
die PH en sy blond is al wat nog oor
is
die jagters het hul camo baadjies
van Amerika aan teen die oggend kou
die diesel bakkie word warm
en die 30 06 word gecheck
want vandag is ‘n dag van buffels
“Shoot shoot” klap die oproep uit die
PH vir die klient
die 30 06 blaf maar dit is ‘n
wondskoot en die buffel is moerig nou
“I will fix this one” is die PH se
bravade
die buffel kruip weg en slinger die
PH voor die doodskoot kan klap
die PH le stil met die buffel aan sy
sy
“a day without blood is a day without
sunshine”word in my kop gemaal
As ek omdraai en wegstap
No comments:
Post a Comment