Al wat oorbly
Al wat oorbly
is die duik in die kussing
al wat oorbly is
die as in die asbakkie
al wat oorbly is
die vae reuk van reukwater in die lug
al wat oorbly is
die sneesdoekie gefrommel
- is my gedagte aan jou
-is die geluid van gelag verstil
-is die druppels dou
van die oggend uur
al wat oorbly is
die gedreun van die Juke
soos hy voortsnel
weg van my
Al wat oorbly
is die wete van liefde
wat nie taan
maar verdiep teen wil en dank
Al wat oorbly is
jou onwrikbaar liefde
as diep herrinering
No comments:
Post a Comment