Monday, May 12, 2014

Linda se Partytjie

Linda se partytjie
Linda se partytjie klink soos
Lisa se Klavier in die nag se klanke
tafels kunstig getooi met silwer en glas
genakte gras en kandelaar met stadig brandend kers
donker meubels met blinke aansien
die ambiance is daar

sjokolade gebou deur sjokolateur
skerfies van proe
met nasmaak wat huiwer op palet
is my verwelkoming by
Linda se partytjie

sjampanje proe slukkies
word die begin van die aand se rondomtalie
‘n rondomtalie van die sinne
By Linda se partytjie

 Entree, sop en aller lekker word
met reelmaat aan gaste gegee,  by Linda se partytjie
Die palet is bevredig met meer as genoeg
Die sjokoladekoek vir Linda lok sterk sangstemme
Van manne met tenore om te sing van Linda
Mooie Linda - Linda wat vonkel
Linda wat met glinsternd oe kyk 
By Linda se partytjie

Wens ek kon jou ontmoet by

Linda se partytjie

No comments:

Post a Comment