Thursday, May 22, 2014

Faan se trein

Faan se trein
Ek is faan
Van faan se trein
almal se ek moet nie gaan
op faan se trein, want hul is lief vir my

my koffer is op my bors
volgepak vir my reis
op faan se trein
my kleed is daar, die kleed van liefde
is al wat ek het
die trein stoom voort en ek is faan op faan se trein

die kis is gemeet en ek het dit gemaak
Vir my geliefde- dit geplank
op die eensaam bult het ek gese
ek gaan op faan se trein

die kwikkies is nou groot en ek kan gaan
op faan se trein
ek hoef nie my meer te kwel
die here sal sorg

die wind jaag deur my gesig
my baard is nat – die water stroom uit my oog
want ek is op faan se trein
die wiele klik klak op my reis

met faan se trein

No comments:

Post a Comment