Sunday, June 7, 2015

Amanda

Amanda

Amanda is jou naam
laat my dink aan amandels
mooi is die witte bloeisels
net soos jy

die blom wat ontvou het
is soos jy
eers gegroei en oopgevou
wou jou toe al vashou

nou het jy wasdom as vrou
bereik – voorberei vir my
na n lange lewe

waar jy nou
my bekoor as vrou in die fleur van haar lewe
n vrou met skakerings
van die lewe
rustig maar geheimsining

aantreklik en mooi vir my
bekoorlik as jy jou hare wegvee
 as jy konsentreer op die syfers
wat voor jou oopvlek

tog weet ek
Jy kan nog droom
droom van romantiese sypaadjie tafereel
droom van liefde al is dit so skaars
ek weet dat jy sag is in jou hart
dat jy baie liefde in jou saamdra

dat jy jou liefde sal verstrooi
net soos die amandel bloeisels
wat voor die wind
sagkens neerdaal

so sal jou liefde neerdaal
ook op my
dit sal verstrooi wees oor my
en ek sal hardloop soos n kind om dit alles te vang
sodat ek dit in my hart kan koester
as ek jou nie meer vind

op die einde vra ek jou

wees my amandelbloeisel nou

No comments:

Post a Comment