Sunday, June 7, 2015

die hel

die hel
vroeg in my lewe het ek gehoor van die hel
van die duiwel en sy gesante
van my ouers af het ek gehoor
van die predikant met sy bulderstem

min het ek verstaan wat dit beteken
by gamkaskloof het ek gehoor
 die hel is sy eintlik naam
al die jare het ek gewonder
waar is die hel?
Min kon my se
min kon dit verduidelik

eendag het die lig opgegaan vanaf wyse man
dit is waar jy vir alle ewigheid van God verwyder is
waar jy nie sy goedheid en sy werke kan ervaar

die verduideliking het ek aanvaar
want ek het besef dat liefde gaan
oor om by God drie - enig te wil wees

in my aardse dimensie het ek
geleer om lief te kry
seermaak lief, blydskap lief
oneindig lief
Romeo en Juliet kan maar gaan slaap
So lief het ek gekry
My aardse hel is om van jou weg te wees
Om in eensaamheid gedompel te wees

Sonder jou my beminde

No comments:

Post a Comment