Sunday, June 7, 2015

Verandering

Verandering
verandering is die enigste
konstant se die
konsultant


in my lewe die
afgelope twee maande
ervaar
alles het verander
die saam swem is weg
stoeppraatjies is nie meer
daar gaat  ons
is verby


wat nou gemaak
hier op twyfelfontein?


alles het verander
koestertyd is daarmee heen
oplossings vind vir 
uitdagings is klaar
pamperlangsessies
is nie meer
dit het in die niet verdwyn.
oggendpraatjies voor werk
het verdwyn


want die hawelose
domineer
alles het verander
oor jou skouer loer
die norm
sakke onder die oe
vel vol knoppe
wat nie deur
justine gekeer kan word


die hawelose bly regeer
die vreugde van saamwees
is totaal verander.


wat nou gemaak op
twyfelfontein?
bly net glo ek het hom 
nie lief dit moet jy weet


ek weet nie hoe 
om die hawelose
te laat vertrek
so ons sal dit maar doen
want hy het ingetrek
sonder om te vra


breed sit hy in die kerk
vir almal om te sien
met sy kleed van gelowigheid
nou al wat ek kan doen
is om die verandering te 
aanvaar 


die proses bly
ontkenning
blamering
dan begin om aan te pas


finale stap is
aanvaarding van die hawelose
as die toekomsblik
van magdalena


my vraag bly
wat nou gemaak hier op
twyfelfontein


No comments:

Post a Comment