Saturday, October 25, 2014

27 Met draad en pale

27. Met Draad en Pale

word my bestaan geruguleer
want die geklap
van ‘n skoot en
die gekap van ‘n byl
het alles omgekeer

my modderpoel is nie meer
een van my maaksel nie
maar die van
‘n mensekind

wat dink dat ek dit sal waardeer
ek vat dit maar
 want daar is niks anders
weeskind is ek uitgelewer
aan geweer.

slagoffer gedwing
agter draad en pale
goed bedoel
 maar nie my wil

my wilde siel is nou
die van bees
want ek is nou die
teeldier van die mens

om mammon nog
 beter te dien  by
 spogparty in verre land
waar vreemde mens my

beskermingshoring
gekaap het vir
vreemde ritueel en valse krag
 gedoem bly ek nou
agter draad en paal


No comments:

Post a Comment