Sunday, June 7, 2015

Seisoene van liefde

Seisoene van liefde
Eers het ek nie geweet wat liefde is nie
Die lente seisoen van die liefde het aangebreek
Dit het my groenigheid gegee
Die water het gedrup en ek was vrolik
aan hartseer het ek nie gedink
Toe weet ek wat hierdie liefde is
Dit is die woord verliefdheid

Somertyd van die liefde het aangebreek
Voor ek dit kon weet
Het dit geword
n tyd van lange dae
somer, son en saffier was
die rympie
nooit het ek gedink dat dit gaan verander
dit is dan liefde het ek gedink

met die najaar het iets verander
sonder dat ek wou
vasgeklou aan die somer
maar gesien hoe word die dae korter
die eensaamheid van die grou word meer
en meer
dit is nie my skuld nie, ek het nie gevra daarvoor nie
is die kreet
dit is dan die verwoesting van die liefde het ek geweet


nou het die eerste ysgolf oor my hart kom breek
die eensaamheid het my oorspoel
en dit het ek besef
 is die wintertyd van die liefde
daar waar eensaamheid jou vat
en jy oor blaarloos vlakte staar

daar waar die verbrande bruggie staan
die een wat
so toegegroei was in die somertyd van liefde
en nou weet ek
liefde het seisoene
en ek verstaan

die vraag bly
waar is jy in die siklus van die liefde?
Is jy in lentetyd of somer
Of in herfs of selfs die winter?

Ek ken nou die antwoord in my hart







No comments:

Post a Comment