Sonstraal
Jy is my sonstraal
want as ek jou sien na lange tyd
is dit soos die son wat uitkom na
harde bui
alles voel weer reg
en ek weet dit is soos dit moet wees
as jou hande deur my hare streel
wil ek flou word
van verwondering dat jy weer by my is
my hart ruk so as jy se dat jy
gelukkig is
jou stuitigheid bekoor my ongelooflik
en ek glimlag van oor tot oor
want jy is weer by my
jy lyk so mooi in swart en wit
jou ring blink wat ek vir jou kon gee
die steen wat jou
altyd en vir ewig aan my verbind
jy is my beminde
vir n lewe en nog n tyd
waarlik my liefde
wat ek nie kan vergeet
No comments:
Post a Comment