Sunday, June 7, 2015

Grondpadryer

Grondpadryer

die pad le ver na die dorpie
deur almal genoem Liefde
die plek wat ons almal
 smag om te kan bly

op pad na liefde is daar
 baie paaie
grondpaaie, teerpaaie
soutpaaie, slaggat paaie

die een wat ek gevat het was
‘n kortpad het ek gedink
ek sal gouer by Liefde uitkom
was my gedagte

eers was die pad goed geskraap
soos ‘n droom  het ek gery
maar later het die hobbles gekom
later het die klippe verskyn
later het dit ‘n tweespoor geword

my wiele het pap geword
die klippe het die bande gesny
en die pad na liefde het ek byster geraak

moes ek vasbyt of moet ek omdraai
weer n keer het ek prober
maar tevergeefs
die pad is te sleg

op my pad terug het ek n nuwe pad gevind
binnekort is dit teer
al is dit vol slagagte
ek rittel en beef nie meer
want ek is weg van
 die grondpad wat my so verniel het


nou is ek stukkend maar ek het moed
want ek het besin oor wat ek moet doen
ry op die teerpad al  het dit gate
want dit kan ek sien

nou is ek nie meer n grondpadryer nie




No comments:

Post a Comment