My wilde loot
sy is my liefde
oor jare van n lang tyd saam
sy is die een wat my bekoor
al is sy n wilde loot
in die wingerd
wat die wyn laat borrel kry jy altyd
n wilde loot
met snoeisker huiwerend wil jy die
wilde loot
lei om vrugte te maak
vrugte van liefde
voortbringend uit die grond
al is jy n wilde loot
wat weghardloop van my
weet ek dat met die regte liefde
en n begrip vir jou siel
sal ek dit dalk regkry
om wyn uit jou te kry
wanneer die avontuur roep sonder my
weet ek darem dat dit is, omdat jy n
wilde loot is, soms
en ek moet dit weet
nou sit ek die snoeisker neer
want dit is nie meer nodig om die
wilde loot te tem nie
sy sal self eendag nie meer ‘n wilde
loot wil wees nie
en die liefde kies en nie meer n
wilde loot wil wees nie
No comments:
Post a Comment