Sunday, June 7, 2015

Teerheid in die liefde

Teerheid in die Liefde

Teerheid wat is dit?
Is dit om jou sagkens aan te raak?
Is dit om jou te koester in my hart?
Is dit om jou oe liggies te soen?
Is dit om een te wees met jou?

Is dit om jou sielsgenoot te wees?
Is dit om met jou te wees sonder seer?
Is dit iets anders wat ek nie weet?

Teerheid is so broos
Dit kan maklik gebreek word deur harde hand
Verpletter word met n skewe woord
Vermink word sonder weet

Teerheid is so sterk
Dit is so sterk omdat dit jou kan verander
Dit is so sterk omdat dit jou genees
Dit is so sterk omdat jy dit gee

Wanneer jy teerheid wil he is ek ru
Vertrap ek die teerheid sonder begrip
Wanneer ek teerheid wil he besef jy dit nie
Hoekom is dit so?

Ons is mense en ons sukkel met die begrip
Wanneer ons met mekaar verskil
Wanneer ons nie wil verstaan nie
Wanneer ons woedend is
Is teerheid nie daar

Wanneer die drif bedaar
Wanneer die woede uitsypel
Waneer die begrip versprei oor ons saamwees
Dan kom teerheid weer nader

Liefde is my droom om te behou
Want dit gee my ook teerheid
Wat ek so graag wil he

Laaste vraag
Wat is teerheid?
Wat is liefde?
Daar is baie antwoorde
Maar my antwoord is


Die teerste deel van liefde is om mekaar te vergewe

No comments:

Post a Comment