Sunday, June 7, 2015

karootyd

Karootyd
My dorpie het
 ek gevind
Die reen stort neer
In die nag

Ek  wonder oor hael
Maar met tevree glimlag
Draai ek om
want ek slaap in my karoodorpie

my kunstenaarsiel
vind
vertroeteling
in flenterplekkies wat my bekoor

uile en meerminne
hasies en nog wat
waterwiel wat vasgeroes is
wat meel nooit weer sal maal

brouery met volunteers
van verre lande
wat golden blond
ronddra
asof in duitsland

vet skaap wat opkyk oor die draad
word skilderprent in my kop
dit is my skilderdorpie
in die karoo

windpomp draai
maar water word nie gepomp
die vrees van fracking
hang swaar oor my skilderdorpie
wat die lewe gaan verwoes
in my gevonde uile dorpie

kan dit wees dat ek
weer kind kan wees
hier op my stilstaantyd
plek

hier waar bhoedis
gefaal het en ander pad gesoek het
plek van koue stort
en slierte van oggendmis
dwarrel oor my ruine gedagtes
waar die windpomp nog staan

alles probeer ek vasgryp
maar ek kan nie
ek stoor
dit in my gedagte
sodat ek dit weer kan
herkou elke uur
van my bestaan

as ek ver is van my droomplekkie
my karoodorpie
my skilder dorpie
my verposingsplekkie
waar ek wil wees
as my journey of life

uitspeel op n dag

No comments:

Post a Comment