Magdalena
Wanneer jy na Magdalena se gedigte luister sal jy weet dat sy
weg is maar dat die liefde van Magdalena altyd sal bestaan.
Sy is nou weg maar jy
sal die liefde wat sy gekry het in haar lewe net n bietjie beter verstaan. Jy
sal dalk jou eie liefde ook in haar vertelling en gedigte kan vind. Dit sal
dalk ook jou verhaal wees een van geluk, hartseer en blydskap in die liefde.
Sy het haar lewe lank net gesoek na die liefde wat haar so
ontwyk het. Op haar sterfbed het sy net geglimlag en geweet al was dit te laat
was daar iemand wat haar bemin het soos sy altyd graag wou he. Nou maak dit nie
meer saak nie maar dit is genoeg gewees.
Liefde is, het sy verstaan is maar eenvoudig en dit is om by
jou te wees. Langs jou bed in ICU waar
jy kromgetrek is van die pyn, waar jy as oumens op die draadstoeltjie
sit sonder hoop maar die liefde is daar in jou hart al kan jy niks meer doen
nie.
Sy het geluk gejaag in klatergoud maar geleer dat ook dit
help niks as jy nie die liefde het nie. Al die goeters in hiedie wereld kan nie
die honger stil nie.
Hierdie is die ware verhaal van Magdelena wat ook deur die
lewe is soos ek en jy. Vind jou lewe in jou gedagtes waar jy luister na elke
verhaal wat voor jou ontvou.
Een van die gedigte wat haar vasgryp is die een wat se naam
is JY – dit vertel die verhaal van n man wat droom or sy geliefde. Ander
gedigte vertel van blydskap en ander weer van seer. Trane mag jy stort want dit
kan nie sonder die gedigte gaan. Dit is trane van hartseer oor dit wat verby is
maar ook trane van blydskap oor dit wat is.
Wat jy ookal doen – jou hart verhard of versag – weet dat
dit waar is elke woord.
No comments:
Post a Comment