Sunday, June 7, 2015

die weg

Die Weg
dit is weer erediens
die lied wat speel is
he aint heavy he is my brother
soldate is die fotos
my trane biggel - ek kan nie eers snik
onbedaard
ek kan dit nie keer
miskien is dit omdat ek daar was
miskien is dit omdat ek
‘n klein ietsie van die HERE se liefde verstaan

Jesaja is die woordgedeelte
wat vertel  van die pad wat die voorberei is
die hoofweg na die nuwe Jerusalem
wat anders gebou is as
die wit klip jerusalem

noudat ek weet van die pad
kan ek dit sien in die bybel
orals se dit vir my
van die pad van Jesus
op aarde – van palmtak tot samaritaan

mense nie in my pad maar mense
saam met my op die pad
nooit in my pad

weereens het ek geproe aan die liefde

wat Christus ons bied

No comments:

Post a Comment