Op
pad het ek verdwaal
My nek wys dit
dat ek verdwaal het
op my lewenspad
daar is net tattoos
op my nekvel
daar waar die nekvel die dunste is
lekker seer
my bossie blomme smous ek
en hoop
dat mevrou dit sal koop
sy sal my glo
as ek se
dat ek n broodjie wil koop
min weet sy dat ek nog meer nodig het
vir die pyn van n opgemorste lewe
die droe leivoor in die skadu
is my blyplek
op my dorp De Rust
was in die bendes
maar vandag is ek te oud
na ‘n lewe van geweld en roof
my blomme van die veld
is my enigste mooi in my lewe
maar ek is honger
vir drank wat my lewe vreet
my naam ken hulle nog
want dit was slagter
in bendetaal
n slaghuis ken ek nie
maar jy weet goed waar my naam
vandaan kom
koop n bossie blomme
koop n bossie blomme
vir mevrou
sy sal daarvan hou
No comments:
Post a Comment